Tuesday 15 November 2016

10:00 Tee Tyd -

Tee Tyd

Op Die Plaas



4u2Stay | St Lucia | Fishing Report | The Mexican | Green Heritage |


Liedjie van die Dag




Vandag Modder en Bloed

Hoekom die liedjie vir vandag. Sodat ons onsself kan herinner dat die grond wat Julius Malema sy mense belowe is reeds met bloed gekoop. Ons hoef dit nooit weer te betaal met geld, sweet of bloed nie. Hierdie stryd vergeet ons mede burgers het ons geveg vir Suid Afrika se vryheid en so ook die pad geteer dat hulle ook demokrasie kan proe. Dit vergeet Mnr Malema en sy volksgenote baie graag.

Daar is geen manier dat iemand my gaan oortuig ons hoef oorlog te maak teen n onbekende vyand met wapen en mondering nie. As begaafde mense het ons die gesonde verstand om Mnr Malema se aanslag op ons te fnuik sonder bloed vergieting. Dit gesê moet Mnr Malema en sy grond eise trawante ons vermoeë om oorlog te maak nie onder skat nie. Dit kom natuurlik met ons jagters gene.  

Self moet ek nog die fliek kyk. Ek verneem dit was baie goed gewees. 

-

Reis en Verblyf 

Booking.com


Vandag se reis en verblyf kyk ons na St Lucia as n buite seisoen bestemming. Almal het reeds hulle Desember vakansie geboek en in elk geval is Kersfees by die see nie meer dieselfde nie. Dis goedkoper om Kersfees saam familie deur te bring en vakansie langs die see op ander dae te hou. Vir die gene wat buite skool vakansies kan reis is dit nog soveel te beter. 

Vir die rustige buite lewe mens het St Lucia baie om te offer. Voet slaan paadjies van onder n uur tot so drie ure. Mooi uitkyk punte en n pragtige blou see om langs te stap. St Lucia is ook een van Suid Afrika se eerste wêreld erfnis gebiede met ongekende natuur skoon en volop klein en groot wild. 

Snags kom die seekoeie in die dorp in om te wei en bedags lê hulle oral in die meer rond en wees net lekker ver mens lui. Soggens word mens wakker met pragtige voel sang en vroeg oggend is die strate vol bokkies, Mangoos en Tarentale. As jy mooi kyk sien jy eekhorinkies vroetel en werskaf in die bome rond.

So kontak gerus ons sentrale besprekings kantoor op 0813427371 of epos ons op 4u2stay.sa@gmail.com vir meer inligting. 

Geniet julle tee tyd ...

Deur
      Bierpens Viviers-

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories