Wednesday, 16 November 2016

Tee Tyd - 10:00 Woensdag Oggend

Tee Tyd

Op Die Plaas



4u2Stay | St Lucia | Fishing Report | The Mexican | Green Heritage |


Liedjie van die Dag



Vandag - Tyd om te Trek


Hoekom die liedjie vir vandag Ons het al almal voor die besluit gestaan. Die swart kultuur verduidelik hierdie baie goed. As mens mense in die grond geplant het veral as dit jou mense is/was dan is die grond joune. So die sogenaamde "chicken run" was my nie beskore nie, want ek is te ma vas. My vrou se familie is almal hier begrawe en ook sou ek dit nooit kon bekostig het om my diere saam te vat nie. My diere is deel van ons familie. Selfs so ook vir my ouers is dit hulle vierbeen klein kinders alhoewel hulle van die twee been vleisvreters ook as klein kinders het.

Die feit dat Bok van Blerk n Afrika oorlog tema in die video gebruik is vir my baie van pas. Mnr Malema, my voorsate is net soveel generasies diep op Afrika bodem begrawe as joune. So selfs in jou eie kultuur behoort die grond wat jy my wil van vervreem regmatig aan my. Jy sal dit miskien met bloed kan verlos, maar antwoord sal jy moet antwoord aan jou voorvaders my vriend. So kom ons verstaan nou mekaar baie mooi. Wat met my gebeur in die hiernamaals is ek gereed voor. Ek vra jou dieselfde vraag. Het jy jou argumente gereed as jy jou voorouers gaan ontmoet.

Kom ons doen nou hierdie ding soos groot mense seuna. Kom ons sien die ding van n beter land bou vir ons kinders enduit, want glo my ek hoef nie te hardloop nie. Wel kom ek wees nou regtig eerlik met jou. Ek kan nie hardloop nie. So face gaan ons mekaar face. Die speel veld is jou keuse tjoma. maak geen fout nie. Jy kies die wapen in die stryd en is jy vrees het vir my sogenaamde Wit Voorregte wat ek kamstig bo oor jou beskik dan moet jy weet dit strek op alle terreine nie net op een vlak nie.

-

Reis en Verblyf 

Booking.com

Kom ons gaan maak n draai op Cape Vidal vandag. Cape Vidal is n strand gebied net noord van St Lucia ... omtrent so 38km, maar maak nie saak hoe jy daarna kyk nie dis so n uur se ry. Die spoed grens is 40km/h en word streng toegepas. Gelukkig is daar baie wild om te sien die meeste van die dae. Vir die voel kykers is dit ook nie n vervelige rit nie. St Lucia vleilande, wat die oostelike duinegebied is, huisves deur die jaar na genoeg 530 voëltjies. 

Daar is heelwat afdraai roetes wat mens se rit selfs nog langer en meer plesierig kan maak. 

Deur
      Bierpens Viviers-

No comments:

Post a Comment

You are the weakest Link - Good Bye

I, Petrus Bierpens Viviers, have very little respect with large corporations and their macro attitude towards micro problems. If you are to ...