Saturday 1 August 2020

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory




Die Manne Kan


Nee kyk ek het die nou geniet. Met 'n tikker wat stof poep het mens nie veel anders om te doen as om hinderlaag te le nie.. (Le laag en hinder niemand). Dinge moet nou eers bietjie self sien kom klaar in die tuin wereld daar buite. Vir nou soek ek bietjie giggel goedjies om my op te beur. 

Hierdie video is 'n stukkie juweel. Wat ingeneurs jare vat om te ontwikkel het met die oog op Buffels bymekaar maak het die manne ander oplossings voor. Van gras vir'n pap wiel tot wasdag dief vir brieke.. 

Ek het twee Facebook Vriende wat ek glo die baie sal geniet. Herrie Louw wat al dag aan 'n russies ou vrouens tienker en Bernard Van Zyl wat spoeg en spartel vir kwalifikasies om dit op die regte manier te doen. Bernard word Diesel Werltuigkundige en Herrie maak kakkerlakke dood in sy vrye tyd.. wel eintlik is dit sy neering en die LADA NIVA's sy stokperdjie.
 
Covid Groete

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories