Showing posts with label Tee Tyd. Show all posts
Showing posts with label Tee Tyd. Show all posts

Wednesday, 16 November 2016

Tee Tyd - 10:00 Woensdag Oggend

Tee Tyd

Op Die Plaas



| 4u2Stay | St Lucia | Fishing Report | The Mexican | Green Heritage |


Liedjie van die Dag



Vandag - Tyd om te Trek


Hoekom die liedjie vir vandag.  Ons het al almal voor die besluit gestaan. Die swart kultuur verduidelik hierdie baie goed. As mens mense in die grond geplant het veral as dit jou mense is/was dan is die grond joune. So die sogenaamde "chicken run" was my nie beskore nie, want ek is te ma vas. My vrou se familie is almal hier begrawe en ook sou ek dit nooit kon bekostig het om my diere saam te vat nie. My diere is deel van ons familie. Selfs so ook vir my ouers is dit hulle vierbeen klein kinders alhoewel hulle van die twee been vleisvreters ook as klein kinders het.

Die feit dat Bok van Blerk n Afrika oorlog tema in die video gebruik is vir my baie van pas. Mnr Malema, my voorsate is net soveel generasies diep op Afrika bodem begrawe as joune. So selfs in jou eie kultuur behoort die grond wat jy my wil van vervreem regmatig aan my. Jy sal dit miskien met bloed kan verlos, maar antwoord sal jy moet antwoord aan jou voorvaders my vriend. So kom ons verstaan nou mekaar baie mooi. Wat met my gebeur in die hiernamaals is ek gereed voor. Ek vra jou dieselfde vraag. Het jy jou argumente gereed as jy jou voorouers gaan ontmoet.

Kom ons doen nou hierdie ding soos groot mense seuna. Kom ons sien die ding van n beter land bou vir ons kinders enduit, want glo my ek hoef nie te hardloop nie. Wel kom ek wees nou regtig eerlik met jou. Ek kan nie hardloop nie. So face gaan ons mekaar face. Die speel veld is jou keuse tjoma. maak geen fout nie. Jy kies die wapen in die stryd en is jy vrees het vir my sogenaamde Wit Voorregte wat ek kamstig bo oor jou beskik dan moet jy weet dit strek op alle terreine nie net op een vlak nie.

-

Reis en Verblyf 

Booking.com

Kom ons gaan maak n draai op Cape Vidal vandag. Cape Vidal is n strand gebied net noord van St Lucia ... omtrent so 38km, maar maak nie saak hoe jy daarna kyk nie dis so n uur se ry. Die spoed grens is 40km/h en word streng toegepas. Gelukkig is daar baie wild om te sien die meeste van die dae. Vir die voel kykers is dit ook nie n vervelige rit nie. St Lucia vleilande, wat die oostelike duinegebied is, huisves deur die jaar na genoeg 530 voëltjies. 

Daar is heelwat afdraai roetes wat mens se rit selfs nog langer en meer plesierig kan maak. 

Deur
      Bierpens Viviers-

Tuesday, 15 November 2016

10:00 Tee Tyd -

Tee Tyd

Op Die Plaas



| 4u2Stay | St Lucia | Fishing Report | The Mexican | Green Heritage |


Liedjie van die Dag




Vandag Modder en Bloed

Hoekom die liedjie vir vandag. Sodat ons onsself kan herinner dat die grond wat Julius Malema sy mense belowe is reeds met bloed gekoop. Ons hoef dit nooit weer te betaal met geld, sweet of bloed nie. Hierdie stryd vergeet ons mede burgers het ons geveg vir Suid Afrika se vryheid en so ook die pad geteer dat hulle ook demokrasie kan proe. Dit vergeet Mnr Malema en sy volksgenote baie graag.

Daar is geen manier dat iemand my gaan oortuig ons hoef oorlog te maak teen n onbekende vyand met wapen en mondering nie. As begaafde mense het ons die gesonde verstand om Mnr Malema se aanslag op ons te fnuik sonder bloed vergieting. Dit gesê moet Mnr Malema en sy grond eise trawante ons vermoeë om oorlog te maak nie onder skat nie. Dit kom natuurlik met ons jagters gene.  

Self moet ek nog die fliek kyk. Ek verneem dit was baie goed gewees. 

-

Reis en Verblyf 

Booking.com


Vandag se reis en verblyf kyk ons na St Lucia as n buite seisoen bestemming. Almal het reeds hulle Desember vakansie geboek en in elk geval is Kersfees by die see nie meer dieselfde nie. Dis goedkoper om Kersfees saam familie deur te bring en vakansie langs die see op ander dae te hou. Vir die gene wat buite skool vakansies kan reis is dit nog soveel te beter. 

Vir die rustige buite lewe mens het St Lucia baie om te offer. Voet slaan paadjies van onder n uur tot so drie ure. Mooi uitkyk punte en n pragtige blou see om langs te stap. St Lucia is ook een van Suid Afrika se eerste wêreld erfnis gebiede met ongekende natuur skoon en volop klein en groot wild. 

Snags kom die seekoeie in die dorp in om te wei en bedags lê hulle oral in die meer rond en wees net lekker ver mens lui. Soggens word mens wakker met pragtige voel sang en vroeg oggend is die strate vol bokkies, Mangoos en Tarentale. As jy mooi kyk sien jy eekhorinkies vroetel en werskaf in die bome rond.

So kontak gerus ons sentrale besprekings kantoor op 0813427371 of epos ons op 4u2stay.sa@gmail.com vir meer inligting. 

Geniet julle tee tyd ...

Deur
      Bierpens Viviers-

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories