Wednesday 16 November 2016

Should You Blame Facebook For The Outcome Of The Election?

Die Son Trek Water

Facebook vs Feite





Ja die ding met valse feite en Parodie Nuus is besig om die lewe om ons te vernietig. Hier sit ons alweer met die 666 dilemma. Wie is die Anti Christ. I dit Donald Trump of Mark Zuckerburg. Ek dink op die stadium dis ons. Die Antichris is binne ons. Ons is die mense wat die "like" en "share" knoppie druk. Ons is die mense wat valshede van die mens dom versprei en nie ag slaan op die feite nie. Ek dink nie ons mag of kan enige vingers na enige iemand wys nie.

Facebook is bloot n medium wat ons deur kommunikeer. Die feit dat ons inherent valshede versprei is hoekom ons op Facebook leef. Ons hou daarvan om te skinder. Ja kyk maar die foto fiasko van die WhatsApp groepie. Van my beste vriende moes ek blok op Facebook want hulle kon nie anders as om plesier te kry oor die arme dame se verleentheid nie. Ek meen wie het die foto gelek media toe... of liewer in die kuber ruimte in. 

Dit was iemand wat lus gevoel het om te skinder. So sit ons met n President in Amerika en n helse klomp mense wat glo Hillary is n leuenaar. Wie van ons het die werklike feite gaan ondersoek. Daar is nie een wat eerlik kan antwoord nie, want nie een van ons het die CIA se begroting nie. So sit ons elke dag en druk like en share en gaan aan met ons lewe. Teen die einde van n week kuier ons saam vriende en lig ons mense wat nou al teen die tyd deur trek is met leuens en valse feite. Ons gaan heen bid Sondag in die kerk en teen Maandag maak ons lewens veranderende besluite wat gebaseer is op laas week se bevestiging op feite langs n braai vleis vuur. 

So vaar ons die vreemde in met valse kennis en wanhoop wat niemand ons mee kan help nie. Huwelike spat uitmekaar want elkeen het hulle eie weergawe van feite. Die vrou glo daar is n beter lewe daar buite en die man kan net soveel lieg en steel is teen sy grein, maar kos moet hy op die tafel van sy kinders sit. Daar is geen oplossings wat voor die hand liggend is nie. Geen wonder middel of bo natuurlike leier nie. Ons moet die probleem van binne ons harte aanspreek. Ons moet die oorsprong van die feit gaan soek of die leuen ignoreer en maak of hy nie bestaan nie,

Ek het iewers raak gelees Youtube gaan nog sosiale media oorvat en gelag, maar draai self meer gereeld na YouTube in my persoonlike soeke na feite. Aan die eenkant is dit n goeie ding, want uit die perd se bek sal die waarheid en leuens gehoor word. Ek volg Steve Hofmeyr as my leier. Hy het n sosiale teenwoordigheid waar ek hom as persoon kan opsom en het besluit hy staan vir norme en waardes wat ek inskiklik voel. Steve is miskien nie almal se blikkie vis nie, maar enige iemand kan die man opsom is n duidelike goeie bemiddelaar. Ek glo nie in bloed vergieting nie. Ek kan iemand van my standpunte oortuig en so n skikking bereik wat beide partye pas. Vir daai rede het ek Steve gekies om my te verteenwoordig. Hy kan dit doen en het die teenwoordigheid om dit te handhaaf.

Ek Groet Julle

Mag Julle veilig deur die nag kom en vroeg oggend dag breek met ons kom deel.


Deur
      Bierpens Viviers
      083 584 7473  

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories