Wednesday 6 May 2020

AfriForum en Saai Covid 19 Taakspan


Die burgerlike samelewing het ’n rol om te speel in hierdie noodsituasie en ons sal voortgaan met die uitvoering van hierdie rol, ongeag mense wat die verspreiding van voedsel wederregtelik wil sentraliseer.

Die AfriForum en Saai Covid 19 Taakspan in samewerking met Solidariteit Helpende Hand gaan volstoom voort om voedsel te versprei aan ons mense wat dit so nodig het in hierdie tyd. 

Ons het vandag meer as tien ton vars produkte by 20 tehuise in die Pretoria-omgewing afgelewer, ten spyte van beoogde regulasies wat die verspreiding van voedsel wil sentraliseer.

Hierdie inisiatief behels dat voedsel en noodsaaklike items aan behoeftige individue, gesinne en instansies soos onder meer kinderhuise, tehuise vir bejaardes en klinieke in gemeenskappe regoor die land versprei gaan word, veral in die huidige moeilike omstandighede waarin verskeie gemeenskappe hulleself bevind. 
 
Volgens AfriForum is daar geen regsbasis vir die regulasies wat nou moontlik wil bepaal dat die verspreiding van voedsel deur die regering gesentraliseer moet word nie.

Mense kan ook skenkings maak aan die Solidariteit Beweging se noodfonds om hierdie projek te ondersteun.
 
Rekeninghouer:        Solidariteit Helpende Hand
Bank:                          FNB
Rekeningnommer:    62 331 445 503
Tak:                            Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing:                Korona
Swift-kode:                FIRN ZA JJ
 
Besoek www.helpendehand.co.za en klik op die skakel vir maatskaplike hulp om aansoek te doen vir hulp.

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories