Friday 17 April 2020

Ope Brief aan Dawie Roodt


#HungerGamesSA

Ope Brief Aan Dawie Roodt

Dagsê Dawie

Ek wil dankie sê vir n baie insegewende artikel, maar jou armoede syfer strook glad nie met die realiteit nie.

Jy werk op n 1 vir 1 werksverlies ... Maar ongelukkig werk dit nie so in Suid Afrika nie en ek is jammer ek moet jou op jou fout uitwys.

Vir elke formele werksgeleentheid wat verloor word in Griekeland was daar dalk 4.5 mense beïnvloed. Dit is as dit nou gewone Europese gemiddelde sou volg wat ek twyfel.

Die Amptelike syfer volgens ons Nationale Statistieke word 12 mense beïnvloed vir elke formele werksgeleentheid wat verloor word. Dit alleen verhoog jou syfer na 120 000 moontlike meer sterftes as gevolg van armoede.

Dit wat jy heeltemal gemis het is die informele werkloosheid syfer as gevolg van toerisme. Ek dink daar is omtrent 3 miljoen direkte informele werksgeleenthede. 

Die Nationale Statistieke gee aan dat daar 16 mense afhanklik is van elke 1 informele werksgeleentheid in die toerismebedryf.

Dus word hier nou n hele klom mense by die syfer bygewerk. 

Die Nationale Statistieke sê daar word 18 Miljoen mense direk bevoordeel in die informele sektor agv die Toerismebedryf.

Dus word hier nou n hele klom mense by die syfer getel wat n drastiese impak van 18 miljoen meer mense op jou statistieke laai. Mense wat reeds deel maak van die groep wat nie 60 jaar oud word nie agv armoede.

So net die toemaak van Internasionale Toerisme vir 3 maande gaan 18 miljoen mense direk aan ongekende hongersnood bloot lê.

Niemand in die bedryf voorsien n herstel van die toerismebedryf in die volgende 18 maande nie.

Ek dink dus dis veilig om te sê ons sterftes agv van armoede gaan in die omgewing van 18 miljoen mense wees.

Ons weet dat volgens mediese feite mens nie maklik langer as 21 dae sonder kos kan gaan nie. Dus gaan die sterftes agv armoede ons binne die volgende 14 dae begin oorval.

Laat weet my waar het ek n fout in my beramings gemaak.

Dankie

Petrus Viviers
0813427371

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories