Tuesday 21 April 2020

Boerseun 2.0


#BoerSeun20

Afrikaanse weergawe van Survivor South Africa Two Point Zero

Uitgespreek

Boer Seun Twee punt Nul

In Suid-Afrika het die blanke man en vrou hulle goed gevat en kaalvoet met osse en waens oor die berg van die draak getrek.

Al wat ons hoef te doen is om buite die boks te dink deur rande en sente om te draai.

Op 19 April 2020 lewer Cyril Ramaphosa sy Rubicon Toespraak oor Suid Afrika se Ekonomiese weg vorentoe.

Hy sê in Suid Afrika gaan niemand ooit weer hoef te bekommer waar sy/haar volgende bord kos vandaan kom nie. 

Met n land waar 18 Miljoen mense van die hand na die mond gelewe het gaan dinge nou drasties moet verander.

Ek gaan nie eers vir julle die somme doen nie, maar ek gaan julle sommer die kort weergawe gee.

n R800 Biljoen Ekonomie word nie aanmekaar gehou met R3.5 Biljoen se aalmoese nie. Dit gaan harde werk kos. En nie daai tiepe wat mens Saterdae langs n braaivleis vuur doen met Brannas in die hand nie.

So ek het reeds so stampend my my Mikro Boerdery aan die gang geskop.

Dit skop af met 1Kg se Groen Spruite elke tien dae wat ek reeds verdubbel het na 1 Kg vars groen Spruite elke 5 dae en behoort binne die volgende 3 dae 1 Kg vars groen Spruite elke 3 dag af te haal.

Dit is omtrent waar my gesin se huishoudelike gebruik op n stadium was. 3Kg elke 9 dae.

Vandag het ek begin met uie. Moenie lag nie. Ek verstaan die ding vat 9 maande of so iets om te groei, maar dis nie n probleem nie.. ek gaan blykbaar baie tyd hê en heelwaarskynlik heelwat plek as ek so na my pot sisteme kyk.

Wat ek hier het is die boonste helfte van n half vrot ui.

Ek behandel die hele proses op my Youtube video.

Volg Skakel hier en stel die resolusie na gelang van jou data plan.

Groete 

Bierpens Viviers
+27813427371

No comments:

Post a Comment

BUSH MECHANICS - The Original film

Travel & Information Directory |  4u2stay  |  Cars4Sale  |  Property 4 Sale  |  Fishing Report  | Die Manne Kan Nee kyk ...

Best Stories