Saturday, May 21, 2011

Boompie se water droog op

Die ding met boompie het my nou goed besig gehou. Daar is min dinge wat so frustrerend is as 'n swembad. Nou kan julle julle nou indink watse sameswering daar is tussen 'n groot boom reg langs 'n swembad en die feetjies wat die swembad moet skoon hou kan wees.

So begin die dwembad lek. Gewoonlik sou dit my nie pla nie, maar die ding lek nou nie suig stokkies of vroumense nie. Die ding se water raak weg. Sommer drie duim op 'n nag.

So begin die pense in 'n ry plan maak om die begin van die lek se plek te soek. So het ou groot pens nagte se fault finding resepte op die Internet gesit en oplees. Die ding van kennis is mag lei tot die anti chris se work smarter not harder felosiphy. So met die mag van kennis en verstand houding van die werking van swembad pompe en pype begin die pense toe versigtig inspeksie gate grou onder die paving in.

So vind ons dit is die mees waarskynlikste dat die lekkery plaasvind op die terrug stoot aksie en glad nie met die suig aksie nie. So vind ons ook dit die tweeling terrug loop pype se een vertaking gele was benede die grond voor die bou van die afdak se fondasie.

Ook volg ons die vertaking van inspection hole tot inspection hole loop om die diep gewortelde anker pote van ou boompie waar sy heel onskuldig staan in haar eie vars water bron.

Die storie is van twee kante bekyk en toe is die besluit geneem om boompie te fnuik deur die pomp te skuif. So werk ons in fluister taal dat sy nie agterkom wat ons plan is nie.

Met die pomp en pype gekyf en die poenskop kanker haarstyl wat boompie nou mee worstel wonder ek nou regtig of haar dae nou getel is al dan nie. Net tyd sal leer.

0 comments:

Post a Comment