Friday, November 5, 2010

Tanne Lorrie en ander byt kragte

Lank verle dae toe ek nog die sand banke van die kus geloop het na die soeke vir die grote wat skalks my hoek vermy het ek op die hoogte punt van bok koors en oordosis adrinalien groot Swart Fin haaie sommer so goeds moeds in half lyf water met die agterkant van my vistok weg gedruk sodat ek beter staan plek kan kry in die troebel water.

Die soort gedierte het ons gou tanne lorrie gedoop, maar ek het geleer dat 'n swart hond beter waghond is omdat die 'n ander man se monster is, 'n ander man se vrees gou gedoop tanne lorrie.

Lank terrug het ek ondervind dat blinde vrees vir 'n Rottie baie keer my en Mev Pens se lewens gered het. Ek gaan my Namakwaland hond mis, maar die nuwe tanne lorrie het nie veel ambiesie nie en nog so drie maande se groei sal hy sy voete ingroei en dan sal hy net so onder 50kg instaan. Dis 'n pragtige dier en kom van staan spoor af goed oor die weg met die twee seuns.

Seker omdat hy nuutjie is of dalk omdat hy 'n verworpene is, wat ookal die geval die vrede wat hy oor twee boeties bring is meer as drie sakke honde kos werd. Vannaand slaap ek weer rustig...

In die donkerte van die voortuin le 'n byt monster rond en sy SPCA bang oge soek in die donkerte rond na gevare net aan hom bekend. Rustig slaap ek want my Namakwaland hond slaap aan die voet van my vader se bed en rede om woede uit te leef en groot oop vlaktes hinder nie die Gypsy siel vasgevang agter daai lewendige oge wat dinge soek om te doen en plek om bene te rek.

More begin opleiding en die gedierte wat agter die bang oge weg kruip moet getem word sonder om 'n gebroke siel verder te breek nie. Kort duskant 24 maande seg ek het nog so ses maande se vorming oor voor dit te laat is.

Dalk is dit wat 'n seuns hart nou nodig het om te brei na 'n boere hart wat gee en neem sal verstaan. Die opbou van 'n gebroke gekneusde siel. Die sag ferm liefde wat nodig is om kameraadskap te verseker. Die draaie van die lewe sal mens nie verstaan nie.

0 comments:

Post a Comment