Friday, November 5, 2010

My oorle oumatjie en die groovy kan

My ouma, wel altwee van hulle is nou reeds 'n wyle van ons vervreem. Tog bly hulle wysheid my assof hulle my daagliks bystaan vanuit die graf.

My ouma aan my vaders se kant was altyd die een met wyse hegeheniese raad. Sy wou altyd die stuipe kry oor een of ander gewoonte wat ons nie wou aanleer of af leer nie. In vandag se tye wonder ek of mens nie al haar rate kan boekstaaf nie of eerder dalk kan sy die dokters vandag 'n les of drie leer.

So het sy geglo mens eet nie die aanbrandsel uit 'n pap pot uit nie. Ook was dit nie van pas om publieke toilette ga besoek sonder daai sitplek oortreksels wat soos wetwipes in sakkies gekom het nie. Sy het altyd of wetwipes of nat lappie in sakkie gehad so zip seal jiffy sakkie,

Altoos klein bottel Detol water saam gekaring om hande te kan was en goete af te vee. 'n Mr Monk of sorts, nee glad nie alhoewel dit party keer so gevoel het vir ons mere morsals wat min ag geslaan het op higiene.

So was een van haar fobies die coke se groove kannetjies. Sy wou die aapstuipe kry as ons uit die goed drink. Mens skink jou koeldrank inne glas het sy altyd volgehou. Na vele struwelings met kind en kraai het sy die aftog geblaas as mens onderneem om die blikke se bo kant goed af te vee.

Wel te ontsmet is 'n beter weergawe, maar ons het goeds moeds heel moedswillig sommer ons hemde gebruik om die bokant so een veeg te gee. Dit het haar net in wanhoop gelaat met 'n moedelose uitdrukking op haar gasiggie.

So storm ons toe ons lewens in en later van tyd vryf mens toe sommer so oor die coke bliikkie met jou hand palm bloot uit respek vir haar nagedagtenis. So sit ek en kyk re runs van Mythbusters. Hoe naar is ek oor die muis pis oor al die blikkies koeldrank, veral nadat ek weet hoe skielik mens kan dood gaan van muis pis.

Kyk pensie kan nou verfyn wees en van rodent urine praat, maar pis is meer topic gebonde, want die drek is oor al wat 'n blikkie gevind in 'n onlangse Mythbusters. Ek seg nog altyd dat AIDS die minste van ons probleme is.

As ek net dink hoe ek oor die mense wat vir baie jare vis en chips onder my toesig moes maak en how higiehenic incompotent die mense is wil ek nie eers verder aan wharehousing en storage dink nie.

Higihene is nou een ding wat jy saam moedersmelk moet inkry want dit is mediese wetenskaplikke feit jy kan dit iemand nie aanleer nie. Ek meen mense ga dood in hospitale omdat mense nie hulle hande was as hulle klaar geskyt het nie. Dan nes jy wonder hoe is dit moontlik besoek jy noodgedwonge onder lewens dreigende protes een van die regering se medediese hoekstene ... een van daai opgerig onder die sondes van apartheid en tot algehele verval gekom het onder die Mandela rigime.

Ja die verval het onder sy bestuur begin, want Mbeki was net vyf jaar aan bewind en dinge het klaar hond sleg gegaan voor die Zuma skandale en lank voor die Zuma bewind, maar dan wonder mens nog oor die Trubinaal om lieg skrywers en geld wolwe te beslaan.

Any way die topic is oor Myth Busters en muis pis. Die kort en die lank is dat onder streng higiheniese standaarde kan daar nie muis pis op jou blikke hobs of coke wees nie, maar onder current conditions sal ek liewer my oorle ouma se raad volg en my juice uit ,n skoon glas drink dankie.

0 comments:

Post a Comment