So wonder Harry oor die vervoerkoste van 'n Toeris. Ja ek verstaan die gevoel en die seker belaglik om R450.00 'n driekwart uur lank agter 'n stuur te sit. Die ding met koste berekening is relevant.
Kapitalisme bepaal vraag en aanbod is die nominaal, maar mens moet ook onthou dat as aanbod vraag oorskry is daar 'n wanbalans in die stelsel. Ek dink steeds dat toerusting teen diens vereken moet word en as mens 'n toeris 100km ver moet vervoer moet die vir 200 betaal of daar moet met iemand gedeel word om koste te drae.
So as mens nou R900.00 kry vir twee ure se werk is die direkte koste daarvan slegs R200.00 en moet die res van dit afgeskryf word teen verhuring en wins. Mense met nuwe tierusting het beter aanspraak op hoger tarriewe.
Maar alle grappies op 'n stokkie, daar is net soveel geld in toerisme en as mense nie vir 'n diens wil betaal nie moet die diens maar seker 'n stille dood sterf. So staan daar baie 10 seaters met permitte op blokke en oral skarel meer en meer mense rond om betroubare dienslewering te kry.
Baie mense neem nie al die bedekte uitgawes in ag nie. Versekering op passasiers is die eerste wat oorgesien word en dan volg nasorg op voertuie en so veval die liksensies ens...
Soos ek geseg het Harry, mens gebruik nie maklik die woord minibus en toeris indieselfde sin nie.
Sterkte vir jou vriend/vriendin, maar ek het geleer mens moet maar soveel uit 'n situasie druk as wat jy kan. Direkte uitgawes maak dit moontlik om iets daarop te laat piggy back.


0 comments:
Post a Comment