Ek soek nou al lank vir die fut van Afrika, want manhaftig staan sy leiers op teen ... ja teen wat wil ek ook weet, want anderkant die Boere Wors Gordyn lyk die toekoms bleek soos 'n uitgeworriede boerpampoen. Tog spreek ons leiers van geweld teen ons ... Geweld wat ons nie van kan weg nie . . .maar aan die anderkant van die Boere Wors Gordyn word huise gebou, paaie geteer en kinders speel op die sokker velde ...
So sit ek en wonder nou die dag toe ek soos groentjie van ouds my beurt moet wag. Mense lewe aan die anderkant van die Boere Wors Gordyn.
Gekom het FIFA ... Gegaan het my belasting geld. Ek klou vas aan DSTV want op KYKNET is my kannaal... maar anderkant die Boere Wors Gordyn is daar DSTV you select sommer een van drie... Daar is Bob en Top TV ... Aan die anderkant van die Boere Wors Gordyn. ... ???


0 comments:
Post a Comment